Bill Clinton in hospitaal met koors

Die voormalige Amerikaanse president, Bill Clinton is in die hospitaal in Washington DC nadat hy koors ontwikkel het. Die 78-jarige is in die MedStar Georgetown Universiteitshospitaal opgeneem vir toetse en waarneming. Die 42ste president se adjunk-personeelhoof, Angel Ureña, het aan NBC News gesê hy is in ‘n goeie luim en dankbaar oor die sorg wat hy ontvang. Clinton was vanjaar aktief op die Demokrate se veldtog ter ondersteuning van adjunkpresident Kamala Harris. Hy het vantevore twee hartoperasies in New York ondergaan, een in 2004 en daarna weer in 2010.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *