Kremlin verwerp berigte Assad se vrou wil skei

Die Kremlin verwerp mediaberigte dat die vrou van die afgesette Siriese president, Basjar al-Assad, wil skei en Rusland verlaat. Die gesin het vroeër na Rusland gevlug nadat rebelle beheer oor hul land oorgeneem het. Volgens Turkse en Arabiese media wil Asma al-Assad skei, maar ‘n Kremlin-woordvoerder ontken dit en verwerp ook mediaberigte dat Assad tot Moskou beperk word en sy eiendomsbates gevries is. Die rebelle waarborg glo die veiligheid van Russiese militêre basisse en diplomatieke instellings in Sirië.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *