Burt, die krokodil van Crocodile Dundee, is dood

Die legendariese Australiese see-krokodil Burt, wat in die treffer-rolprent Crocodile Dundee gespeel het, is dood. Personeel van Crocosaurus Cove in Darwin, waar Burt sedert 2008 aangehou is, sê hy het vreedsaam gevrek. Hy was na raming ouer as 90, ver bo die gewone lewensverwagting. Burt is die eerste keer in die 1980’s gevang, en het net voor Kersfees in 1986 saam met Paul Hogan in die rolprent verskyn. Die dieretuin sê sy dood is ‘n herinnering aan die belangrike rol wat natuurlewe speel en hoe belangrik dit is om hierdie diere vir toekomstige geslagte te bewaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *