Messteek-moorde oorheers naweek-misdaad
NamPol het nie minder nie as vyf moordsake asook twee pogings tot moord in die naweek-misdaadverslag gerapporteer. Al die gevalle was na ‘n bakleiery en het messteke behels, behalwe een in Rehoboth waar die alternatiewe klag strafbare manslag is. Die 65-jarige Seth Vries is dood na die verdagte hom in die parkeerterrein van die Rehoboth inkopiesentrum in Blok F twee keer in die gesig geslaan het. Vries het geval en sy kop hard gekap. Hy is later in die hospitaal oorlede. Die verdagte is bekend maar nog nie in hegtenis geneem nie.