Tien familielede sterf in vliegongeluk in Brasilië
Tien lede van ‘n familie is dood toe ‘n ligte vliegtuig in die suide van die stad Gramado in Brasilië neergestort het. Sewentien mense op die grond is beseer toe die vliegtuig tydens sy val ‘n gebou, ‘n skoorsteen, ‘n winkel en ‘n huis getref het. Sewentien mense op die gronde is ook beseer. Die Brasiliaanse sakeman Luiz Galeazzi was met sy familie na Jundiaí in die staat São Paolo onderweg. Amptenare sê die vliegtuig het in gure weer opgestyg. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.