Vrou sterf vlammedood op trein in New York

’n Man is in New York in hegtenis geneem in verband met die dood van ’n vrou wat op ’n moltrein aan die brand gesteek is. Polisiekommissaris Jessica Tisch sê die slapende vrou was op ‘n stilstaande F-trein na Brooklyn toe ‘n man ‘n aansteker gebruik het om haar klere aan die brand te steek. Beamptes op patrollie het rook geruik en ondersoek gaan instel, en ‘n man uit die trein sien klim. Hy het op ‘n bank gaan sit terwyl die brandende vrou binne die wa was. Sy is op die toneel dood. Kringtelevisie-foto’s van die verdagte is gesirkuleer en drie hoërskoolleerders het hom later op ‘n ander trein gesien. Hulle het dit gerapporteer en hy is in hegtenis geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *