Is Hyphen se groenwaterstof-huis op sand gebou?

Die Hyphen Hydrogen groenwaterstof-projek in die suide gebruik verkeerde winddata wanneer hulle beweer dat hul bedrywighede doeltreffend sal wees in die somer en winter, snags en bedags. Dit is volgens ‘n opinie-artikel in die Engelse dagblad The Namibian. Lüderitz se werklike data toon dat dit winderiger is in die somer en deur die dag. Dit impliseer dat die projek baie minder doeltreffend sal wees as wat aanvaar word, met ernstige gevolge vir produklewering, indiensneming en beloofde werkskepping. Die Namibiese Omgewingskamer noem dit nog ‘n bewering oor die waterstofprojek wat nie teen feitelike ondersoeke staande bly ​​nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *