Amerika skiet eie vegvliegtuig oor Rooisee af
Twee vlieëniers van die Amerikaanse vloot is vroeg vanoggend afgeskiet oor die Rooisee in wat blykbaar ‘n geval van vriendelike vuur was. Die Amerikaanse weermag se sentrale bevel sê beide vlieëniers is gered, maar aanvanklike ondersoeke dui aan een van die bemanningslede is lig beseer. Die bevel sê die geleide missiel-vaartuig USS Gettysburg het verkeerdelik op die vegvliegtuig gevuur en dit getref nadat die vlootvlieëniers opgestyg het van nog ‘n skip, die USS Harry S. Truman. ‘n Ondersoek is aan die gang.