Nog ‘n pynlike loesing vir Manchester City

Sokker: Die krisis-geteisterde Manchester City het gister ‘n ongelooflike negende nederlaag in 12 wedstryde by Aston Villa gely. City-baas Pep Guardiola, wat die grootste gesukkel van sy bestuursloopbaan beleef, het talle veranderings aangebring na verlede week se pynlike loesing teen Manchester United, maar dit het niks gehelp nie toe sy beseringgeteisterde span met 2-1 teen Villa verloor het. Nottingham Forest het die Brentford-bastion bestorm en tot derde op die Premierliga-punteleer opgeskuif. Alexander Isak het sy eerste driekuns in die Engelse topliga behaal met Newcastle wat amok gemaak het teen Ipswich.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *