ECN ‘gereed vir alle vrae oor inspeksie, verkiesing’

Die politieke partye se inspeksies van verkiesingsmateriaal het gister tot ‘n einde gekom. Die Namibië Verkiesingskommissie sê hy is gereed om antwoorde te verskaf op enige vrae oor die verkiesings asook die inspeksie van verkiesingmateriaal. Die kommissie se Kommissaris Pius Iikwambi sê hulle is ten volle tevrede dat alles wat tydens die verkiesing en inspeksie gedoen is bo verdenking is. Die kommissie is gereed om alles wat gebeur het te verdedig, sê hy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *