IMF het kommer oor Mosambiek se ekonomiese groei

Die Internasionale Monetêre Fonds sê die voortslepende onrus in Mosambiek sal ʼn uitwerking hê op ekonomiese groei. Woordvoerder vir die IMF, Olamide Harrison, sê Mosambiek se voorspellings vir groei van 4,3-persent in 2024 mag afgegradeer word na die onluste en Sikloon Chido. Harrison sê die onrus oor betwiste verkiesingsuitslae het roetes vir mynbou en handel ontwrig terwyl 34 mense tydens Sikloon Chido dood is. IMF-onderhandelinge vir ‘n kredietfasiliteit sal hervat nadat Mosambiek se politieke oorgang afgehandel is. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *