Moenie eens daaraan dink om op paaie te jaag nieDecember 16, 2024

Soos vakansiegangers regmaak om die langpad aan te vat, word daar ‘n streng waarskuwing deur die Namibiese polisie gerig dat bestuurders by die padreëls moet hou. Die polisie gaan regoor die land werksaam wees en padblokkades sal soos gewoonlik tydens die Kersseisoen opgestel word. Kosmos94.1 Nuus het gesels met NamPol kommisaris Petrus Swartz, wat sê al die spoedkameras werk weer.