VSA, streeksdiplomate vra respek vir minderhede in Sirië

Die Amerikaanse buitelandse sake-minister Antony Blinken en senior diplomate van Turkye, die Europese Unie en Arabiese lande het ingestem dat ‘n nuwe regering in Sirië minderheidsregte moet respekteer. Dit volg op samesprekings in Jordanië en direkte kontak met die rebelle wat president Bashar al-Assad ontsetel het. Blinken het op ‘n nuuskonferensie gesê die groep het ingestem tot ‘n gesamentlike verklaring wat ook vra vir ‘n inklusiewe en verteenwoordigende regering wat die regte van minderhede respekteer en nie “‘n basis bied vir terroristegroepe nie”.