Potgieter en Huxham families pleit dat ingenieurs huis toe kan kom vir Kersfees

Die gesinne van die Suid-Afrikaanse ingenieurs Frik Potgieter en Peter Huxham pleit by die regering van Ekwatoriaal-Guinee om hulle voor Kersfees vry te laat. Die Verenigde Nasies beskryf hulle aanhouding as arbitrêr en onwettig, terwyl gesinne smeek om deernis aangesien hul vrylating hierdie feestyd hoop en genesing sal bring. Woordvoerder Francois Nigrini vertrou hulle sal hierdie Kersfees weer bymekaar wees na twee jaar se skeiding.