Wet vereis dat al Namibië se waterkomme bestuur word, tans net helfte

Namibië het 24 waterkomme, maar net 12 kan bestuur word. Daar is twee beleide in plek wat die bestuur van hierdie waterliggame vereis. Die landbouminister het onlangs ‘n belanghebbendes-vergadering aangebied vir die herlewing van die Bo-Swakopkom bestuursforum. Ndina Nashipili, adjunkdirekteur van waterkombestuur, het die hoofredes en belangrikheid vir die stigting van bestuursforums uitgelig.