Xinfeng erken hy het onwettig gemyn

Xinfeng-myn by Uis het volgens plaaslike media erken dat hy onwettig gemyn het. Dit kom na sy bedrywighede gestaak is na ‘n besoek deur die mynwese-kommissaris Isabella Chirchir. Volgens New Era is die myn se operateurs gevang waar hulle erts van ‘n ander perseel, 10 kilometer weg van hulle hoofperseel, aanry. Daar word berig dat derduisende metrieke ton se litium onwettig gemyn is en gemeng is met die wettige erts en uitgevoer is. Die myn het in die brief aan Chirchir haar gevra om so vinnig as moontlik sy lisensie toe te staan dat hy uitvoere voor die einde van die jaar kan hervat.