OR Tambo brandstof-fiasko: Amper 50 000 passasiers geraak

Die Suid-Afrikaanse lughawemaatskappy, ACSA, sê Maandag se vier uur lange brandstof-onderbreking by die OR Tambo Internasionale Lughawe het 483 vlugte en 49 429 passasiers geraak. Boonop is 31 vlugte vir die dag gekanselleer. Die probleem is veroorsaak deur ʼn dryfas wat gebreek en gekeer het dat brandstof van opgaartenks na die laaiblad gepomp word sodat die vliegtuie volgemaak kan word. ACSA se uitvoerende hoof, Mpumi Mpofu, sê ʼn nood-klepvervanging sal die komponent se betroubaarheid verseker: