Liverpool is in laaste 16

Liverpool het so te sê deurgedring na die laaste 16 van die Kampioeneliga na ‘n 1-0 oorwinning oor Girona. Mohamed Salah se strafdoel was genoeg vir die sege, en was sy 46ste Kampioeneligadoel. Liverpool, wat al ses hulle wedstryde gewen het kan in Januarie ‘n laaste-16 wedstryd teen Lille vasknoop. Kylian Mbappe het sy 50-ste Kampioeneligadoel aangeteken toe die verdedigende kampioene Real Madrid, Atalanta het 3-2 geklop het, wat hulle kanse verbeter om deur te dring na die uitkloprondes. Daar was ook oorwinnings vir Aston Villa, PSG en Bayern Munich.