Trump vra onmiddellike skietstilstand in Oekraïne
Amerika se verkose president, Donald Trump, vra ʼn onmiddellike skietstilstand in Oekraïne en dat onderhandelings begin. Hy het die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, die naweek in Parys ontmoet en sê Kiëf wil graag ʼn ooreenkoms bereik om die oorlog teen Rusland te beëindig. Zelensky het bekendgemaak sowat 43-duisend Oekraïnse soldate is dood sedert Rusland se volskaalse inval begin het. Hy sê die ontmoeting met Trump was produktief en voeg by vrede deur mag is moontlik.