Norris vat Abu Dhabi
Lando Norris het die seisoen se laaste Grand Prix in Abu Dhabi gewen en aan McLaren sy eerste Formule Een-vervaardigerstitel in 26 jaar besorg. Die Brit het van die begin af voorgeloop om sy vierde sege van die seisoen op te raap. Carlos Sainz en Charles Leclerc van Ferrari was onderskeidelik tweede en derde. Lewis Hamilton in sy laaste wedren vir Mercedes was vierde en sy spanmaat, George Russel, vyfde. Norris sê dis ʼn ongelooflike prestasie vir die span: