Seksuele teistering in hoër onderwys onder die loep in Kaapstad

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in die buurland sal môre seksuele teistering in hoër onderwys aanspreek deur middel van ‘n beleidsdialoog in Kaapstad. Die bespreking sal daarop fokus om doeltreffende maatreëls in te stel om voorvalle van teistering by universiteite te voorkom en te bestuur. Die kommissie se woordvoerder, Javu Baloyi, sê die beskerming van studente en personeel is van kardinale belang, en bepleit bewysgebaseerde beleide en aanspreeklikheid om menseregte in opvoedkundige instellings te handhaaf: