Nog ‘n dwelmmuil by OR Tambo gevang

’n 43-jarige vrou van Paraguay is vir beweerde dwelmhandel by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park in hegtenis geneem. Sy het van São Paulo in Brasilië aangekom. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk sê die dwelmmuil is na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar ‘n mediese x-straal die teenwoordigheid van vreemde voorwerpe in haar maag aan die lig gebring het: