NNN stel haar visier op geskorste Nikodemus
Die verkose president, die 72-jarige Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar visier op die geskorste NBC-joernalis Anna Nikodemus geplaas en sê dit is skandelik dat ‘n Namibiese burger die vermetelheid het om te sê dat sy ineen gestort het op 26 Oktober by ‘n saamtrek in Otjiwarongo. Nikodemus het die gerugte tydens ‘n onderhoud met Newzroom Afrika bespreek en is daarna geskors. Nandi-Ndaitwah sê sy het die afgelope drie jaar haar veldtog met sukses en sonder enige mediese uitdagings gevoer. Die party ontken ook dat sy siek was.