Vermeende rower op Walvis doodgeskiet
Die Erongo-polisie ondersoek ‘n saak van moord na ‘n vermeende rower doodgeskiet is deur sy slagoffer. Volgens die mag het drie mans gewapen met messe, die man in Mondesa se ope-mark voorgekeer en sy rugsak geëis. ‘n Onderonsie het onstaan en die man het sy 9mm pistool uitgehaal. Twee van die vermeende rowers het gevlug maar een het steeds gepoog om die rugsak te vat en is in die kop geskiet. Die 32-jarige Simon Shingenge is op die toneel dood verklaar. Die skieter is gearresteer en die ondersoek duur voort.