Anti-GBV sokkertoernooi môre in Windhoek
Die Verenigde Nasies in Namibië gaan ‘n sewe-aan-‘n- kant sokkertoernooi aanbied met die titel Football for Ending Gender Based Violence. Die toernooi vind môre plaas by die Nasionale Sokkervereniging se tegniese sentrum. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hopolang Phororo, VN-inwonende koördineerder, wat sê die toernooi gaan oor meer as net sokker.