August 26 skors uitvoerende hoof tydelik oor N$8 miljoen faktuur

August 26 se uitvoerende hoof, Ndajoina Shalumbu, is tydelik geskors met volle voordele en Fanuel Haikuti is as die interim uitvoerende hoof aangestel. Dit kom na die direksie ‘n ondersoek begin het na die nou berugte faktuur van 8 miljoen Namibiese dollar vir ’n enkele motoronderdeel. Volgens die AR-beweging se leier, Job Amupanda, het Shalumbu die faktuur afgeteken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met brigadier generaal Fillimon Shafashike, die voorsitter van August 26 se direksie, wat sê dit beteken nie Shalumbu is skuldig nie want die ondersoek duur nog voort.