Meeste Franse dink Macron moet bedank
Byna twee-derdes van Franse is ten gunste daarvan dat president Emmanuel Macron bedank. ‘n Interaktiewe opname wat gedoen is ure nadat premier Michel Barnier se regering ‘n mosie van wantroue verloor het, het bevind 64-persent van die deelnemers is ten gunste daarvan dat Macron bedank. ’n Klein meerderheid van 53-persent verwelkom die uitslag van die mosie, maar 82-persent is in die algemeen bekommerd oor die toekoms van Frankryk. ‘n Soortgelyke persentasie is bekommerd oor die Franse ekonomie, met 80-persent bekommerd oor die styging in die begrotingstekort.