Olimpiese kampioen vir jaar geskors na sy perd slaan

Perdry: Die Britse driemalige Olimpiese gouemedaljewenner in dressuur, Charlotte Dujardin, is vir ‘n jaar uit die sport geskors na ‘n video wat wys hoe sy ‘n perd tydens ʼn oefening slaan. Sy was eers voorlopig geskors en moes haar aan vanjaar se Spele in Parys onttrek. Die Internasionale Federasie vir Perdesport het Dujardin ook met meer as 200 000 Namibiese dollar beboet. Die 39-jarige het erken dit was ‘n oordeelsfout. Die skorsing is terugwerkend vanaf Julie.