John Williams, eerste Bok-afrigter ná isolasie, sterf op 78
Rugby: Die eerste Springbok-afrigter nadat Suid-Afrika se isolasie beëindig is, John Williams, het op die ouderdom van 78 gesterf. Hy is in ‘n Pretoriase hospitaal dood nadat hy 10-dae lank in ‘n koma was. Williams het die Springbokke in 1992 afgerig ná ‘n uitmuntende loopbaan as slot vir die Bulle en die Bokke in die 1970’s en het 13 toetse gespeel. Hy het as afrigter verskeie Curriebekers vir Noord-Transvaal gewen.