Ontleder sê oor verkiesing, Swapo se oorwinning
Die verkiesingsuitslae oorheers die nuustoneel in die land vandag. Swapo het in die algemeen sy twee-derde meerderheid verloor maar behou sy oorheersing in die Nasionale Vergadering. Die IPC is die nuwe amptelike opposisie en daar is nuwe gesigte in die parlement. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê dalk het Swapo nog swakker gedoen as daar nie ongerymdhede was nie.
Die volgende stryd sal volgens Kamwanyah in die hof af speel.