Bibi sal antwoord op Hezbollah vuurpyle

Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, sê dat Israel sterk sal reageer nadat Hezbollah twee vuurpyle na ‘n wagtoring gelanseer het, die eerste keer dat die groep Israel aangeval het sedert ‘n wapenstilstand verlede week in werking getree het. Hezbollah het Maandag die vuurpyle na ‘n wagtoring in die besette Shebaa-plase gelanseer. Hulle het in ‘n oop area beland en niemand is beseer nie. In ‘n verklaring het die groep gesê die aanval was ‘n “aanvanklike waarskuwende verdedigingsreaksie” teen “herhaaldelike oortredings” deur Israel van die skietstilstand-ooreenkoms. Israeliese media het Sondag berig dat Frankryk, wat veronderstel is om toesig te hou oor die implementering van die ooreenkoms, Israel beskuldig het van 52 oortredings van die ooreenkoms sedert sy totstandkoming.