Del Potro tree uit na Djokovic-vertoonwedstryd
Tennis: Die 36-jarige Argentyn, Juan Martin del Potro, het uitgetree nadat sy belowende beroepsloopbaan deur verskeie beserings in die wiele gery is. Hy het die Amerikaanse Ope in 2009 gewen en in 2018 tot derde op die wêreldranglys gevorder, maar die volgende jaar sy knieskyf gekraak. Del Potro het in 2022 in sy laaste toernooi gespeel. Die plaaslike held het sy loopbaan in ʼn vertoonwedstryd in Argentinië afgesluit met ʼn oorwinning van 6-4, 7-5 oor Novak Djokovic van Serwië. Hy het agterna sy bekende bandana oor die net gehang.