Georgië sal nie weer stem nie – Kobakhidze

Georgië se eerste minister, Irakli Kobakhidze, het ʼn oproep vir ʼn nuwe verkiesing verwerp te midde van betogings oor die regering se besluit om onderhandelings oor aansluiting by die Europese Unie op te skort. Spanning neem reeds maande lank toe tussen die regerende Georgiaanse Droomparty en sy teenstanders wat hom beskuldig van voorkeur aan outoritêre, anti-Westerse en pro-Russiese beleide. Georgië se pro-Westerse president, Salome Zourabichvili, vra dat druk toegepas word op die Konstitusionele Hof om Oktober se verkiesing, wat die Georgiaanse Droomparty gewen het, nietig te verklaar. Opposisiepartye beweer daar het knoeiery plaasgevind.