Stilfontein-myners moet bystand kry – hof
Die Hooggeregshof in Pretoria het aan Lawyers for Human Rights ʼn tussentydse bevel toegestaan wat gemeenskapslede en liefdadigheidsorganisasies toelaat om kos en hulp te verleen aan onwettige mynwerkers wat steeds ondergronds is in Stilfontein, Noordwes. Dis onduidelik hoeveel nog ondergronds is. Lawyers for Human Rights sê die hof het beveel hulp moet onmiddellik verleen word en mynwerkers se behoefte aan humanitêre bystand moet hanteer word. Hy sê die tussentydse bevel beklemtoon die mynwerkers se reg op lewe.