Wysigings aan Drankwet geloof
Handelminister Lucia Iipumbu het onlangs by ‘n regeringsinligtingsessie wysigings aan die Drankwet uitgelig. Drankwinkels naby skole, plekke van aanbidding en residensiële persele sal moet sluit. Bestaande dranklisensies moet ook voor 31 Maart 2025 hernu word. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gepraat wat sê die minister verdien applous vir die wysiging.