NNN loop voor, maar nog net 31 uit 121 afdelings getel

Die Namibië Verkiesingskommissie se voorsitter, Elsie Nghikembua, het voorlopige verkiesingsuitslae aangekondig. In 31 uit die 121 kiesafdelings se presidensiële verkiesing-uitslae het Swapo se Netumbo Nandi-Ndaitwah voorgeloop met amper 54 persent van die stemme, gevolg deur die IPC se Panduleni Itula met amper 28 persent en Bernadus Swartbooi van die LPM met 7,5 persent. In die Nasionale Vergadering-verkiesing was Swapo voor met 57 persent, met die IPC tweede op 18 persent en die LPM op 6,4 persent. Nghikembua het ook die land van die kommissie se toewyding aan die verkiesingsprosesse verseker.