Ombika: Dis Hai//om wat bygestaan word

Die nasionale uitsaaier het onlangs berig dat die Ombika-nedersetting binne Etosha Nasionale Park, wat vir personeel bedoel is, meer as 200 werklose inwoners het. Hulle het ook nie elektrisiteit, sanitasie-geriewe of toegang tot hout nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die woordvoerder van die omgewingministerie, Romeo Muyunda, wat verduidelik dat die mense volgens die berig nie in Ombika bly nie, maar deel is van die Hai//om gemeenskap wat deur die ministerie gehelp word.