Twee mans vas na hulle Swapo-vlag afruk, brand
Twee mans is aangekla van die oortreding van die gedragskode vir politieke partye en politieke organisasies. Volgens die mag se weeklikse misdaadbulletin het die twee tussen Donderdag en Vrydag verlede week naby Ongongo in die noorde, ‘n Swapo-vlag van ‘n boom verwyder en dit aan die brand gesteek. Die vlag is 50 Namibiese dollar werd. Die mag sê sy ondersoek duur voort en die twee is gearresteer.