SAHRL looi Verkiesingskommissie oor oortredings van wette
Die Southern Africa Human Rights Lawyers se verkiesings-waarnemersending sê in ‘n voorlopige verklaring dat die Namibië Verkiesingskommissie versuim het om die basiese verkiesings- en wetlike raamwerke op stemdag na te kom. Stemdag is gekarakteriseer deur ongerymdhede, oortredings van die Kieswet en Grondwet, doelbewuste frustrering van kiesers en operasionele verval deur die Verkiesingskommissie. Daar was doelbewuste vertragings van stemprosesse in meer as 63 persent van die totale stemlokale regoor die land, asook doelbewuste vertragings in die aankoms van stembriewe. Staatsmediahuise het daarna gestreef om slegs die regerende party te dek; gevolglik is daar kommer oor ongelyke dekking in die staatsbeheerde media.