Proteas se Jansen neem 7 paaltjies, Sri Lanka almal uit vir 42

Krieket: Die Proteas se snelboulers het Sri Lanka vir net 42 lopies uitgeknikker op die tweede middag op Kingsmead in Durban. Marco Jansen het die grootste verwoesting gesaai met sewe paaltjies vir net 13 lopies in sewe boulbeurte. Hy is goed bygestaan deur Gerald Coetzee wat twee paaltjies geneem het, en Kagiso Rabada die ander een. Dit gee aan Suid-Afrika ʼn stewige eerstebeurt-voorsprong van 149 lopies nadat kaptein Temba Bavuma die tuisspan gered het met ʼn uitdagende beurt van 70 wat hulle tot 191 gevoer het.