Drikus Coetzee los voor in die Munga
Die bobaas Namibiese fietsryer Drikus Coetzee is tans los voor in die uitmergelende Munga bergfietsren deur van die eensaamste dele van die Karoo. Hy het by die laaste meting teen 24,2 kilometer per uur gery en ‘n afstand van 655,7 kilometer afgelê. Sy naaste teenstander, Marco Martins, was 37,2 kilometer agter hom en die volgende deelnemer, Franso Steyn, 5 kilometer agter Martins. Deelnemers het 120 uur of vyf dae om 1 137km te ry vanaf Bloemfontein tot by die Doolhof-wynlandgoed in Wellington. Coetzee het verlede jaar die Munga-rekord gebreek in ‘n ononderbroke tyd van 47 uur en 37 minute voltooi.