Rusland teiken weer Oekraïnse energiefasiliteite

Rusland het in sy jongste lugaanval op Oekraïne oornag 188 projektiele op energie-infrastruktuur afgevuur en volgens Kiëf het hy 79 missiele en 35 hommeltuie afgeskiet. Die Lugmag sê in ʼn verklaring 62 hommeltuie het van sy radar verdwyn of is geblokkeer deur elektroniese verdedigingstelsels. President Volodymyr Zelensky sê Rusland het ‘n groot aantal trosbomme op Oekraïnse energiefasiliteite afgevuur en beskryf dit as ʼn veragtelike eskalering deur Moskou.