Kiwi’s se Kane Williamson skop vas teen Engeland
Krieket: Kane Williamson het 93 vir Nieu-Seeland aangeteken op die eerste dag van die eerste toets teen Engeland in Christchurch, en die gasheer het met uitskeityd 319 vir agt op die telbord gehad. Williamson het vasgeskop ná sy span reeds in die tweede boulbeurt ‘n paaltjie verloor het, maar is uitgehaal net ‘n skamele sewe lopies kort van sy 33ste toets-hondertal. Na sy vertrek het die Swartpette gestruikel en vier paaltjies in die laaste skof afgestaan. Williamson sê die wedstryd is goed gebalanseerd.