Staak stemmery en tel van stemme, dring partye aan

Die Namibiese Verkiesingskommissie se bestuur het net voor 2-uur steeds nie opgedaag vir die vergadering wat hy geroep het vir 12-uur met verteenwoordigers van die politieke partye nie. Opposisie-partye vra nou dat die kommissie dadelik ophou om stemme te tel en ook enige stemprosesse wat nog aan die gang kan wees moet stopsit. Christine Aochamus, sekretaris-generaal van die IPC, het namens verskeie politieke partye gepraat en kritiseer die kommissie se optrede.