BoN gesels oor sy risikobestuur

Die Bank van Namibië verseker stabiliteit in die banksektor deur proaktiewe mikro-omsigtigheidstoesig wat deur Basel-kernbeginsels gelei word. Dit gebruik vinnige regstellende aksie-prosedures en ‘n vroeë waarskuwingstelsel om risiko’s vroeg te identifiseer en aan te spreek, banke se prestasie kwartaalliks te monitor en in te gryp waar nodig. Naufiku Hamunime, die bank se waarnemende direkteur van strategiese kommunikasie en internasionale betrekkinge, verduidelik meer oor hoe kredietrisiko’s bestuur word.