Blitsbokke is gereed vir Dubai
Tristan Leyds sê hy is gereed om hierdie naweek vir die Blitsbokke te speel in die Dubaise Sewestoernooi. Hy vervang die beseerde Selvyn Davids. Die 27-jarige beklemtoon die span se benadering is om oefenstrategieë op die veld uit te voer en mense weer trots te maak op die Blitsboktrui. Leyds het reeds vyf toernooie en 69 punte agter sy naam en is gretig om die eerste keer sy merk in Dubai te maak: