Selfs die Swapo-jeugliga sê ECN is onbevoeg
Tradisioneel spreek Swapo nie kritiek uit teen sy regeringstrukture nie maar dit wil voorkom asof die pas voltooide stemdag selfs die party se jeugliga keelvol het. In ‘n verklaring sê die liga se sekretaris Ephraim Nekongo dat die tekort aan stembriewe onaanvaarbaar is en dat die Verkiesingskommissie nie voldoende gekommunikeer het nie. Nekongo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.