Leerlingdokters werk 8-5, sê hulle hou by hulle kontrak
Meer as 300 mediese leerlingdokters het besluit om op te hou om tydens hulle internskap oortyd te werk omdat die gesondheidministerie versuim het om hul agterstallige oortydvergoeding te betaal. Hulle het verlede week in Windhoek betoog en ‘n petisie aan die Kantoor van die Eerste Minister by Zoopark oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tim Endjala, een van die assistente se verteenwoordigers, wat sê hulle staak nie maar sal streng by die bepalings van hul kontrakte hou.