SA het baie meer as 16 dae nodig om GBV te bekamp

Action Society sê Suid-Afrika het 365 dae van aktivisme nodig om geslagsgeweld doeltreffend te bekamp, nie 16 dae nie. Die party waarsku toesprake en veldtogte beteken nie veel sonder werklike verandering nie. Juanita du Preez van die organisasie sê werklike verandering vereis die herstel van stelsels, nie lippetaal nie, om te verseker vroue en kinders is elke dag veilig, nie net tydens ‘n jaarlikse veldtog nie: