Cocobod kry voortydig geld vir Ghana se kakao-oes
Internasionale kopers van Ghana se kakao het volgens Reuters se berekeninge ten minste ‘n half-miljard dollar se voorafbetalings aan die staatsbemarkingsraad Cocobod gemaak om voorrade te verseker en nog ‘n seisoen van groot verliese te vermy. ‘n Skielike hersiening van die 30-jaar oue bemarkingstelsel in die wêreld se tweede grootste kakaoprodusent het handelaars en verwerkers in ‘n baie groter rol in die finansiering en inbring van die oes gedryf. Voorheen sou Cocobod banklenings aangegaan het om boere se kakao te koop, en dan die kontrakte vir die oes aan internasionale maatskappye verkoop.